Yandri Brits
Psychometrist Independent Practice t/a
Stellenbosch Psychometric Services
“Start by doing what’s necessary, then do what is possible, and suddenly you are doing the impossible” – Francis of Assisi
“Whether it is easy or hard, never lose your focus as to where you want to go” – Sadhguru
Adres
Innovation Centre 1, Unit 8
Meson Street
Techno Park
Stellenbosch
7600
Telefoon nommer
079 6623 363
Stuur 'n epos
Druk hier om ‘n epos te stuur
Stellenbosch Psychometric Services
Yandri Brits
~Psigometris Onafhanklike Praktyk~
“Start by doing what’s necessary, then do what is possible, and suddenly you are doing the impossible” – Francis of Assisi
“Whether it is easy or hard, never lose your focus as to where you want to go” – Sadhguru
Adres
Innovation Centre 1, Unit 8
Meson Street
Techno Park
Stellenbosch
7600
Telefoon nommer
079 6623 363
Stuur 'n epos
Druk hier om ‘n epos te stuur
Wat is ‘n Psigometris?
‘n Psigometris is ‘n sielkundige professionele persoon, wie spesialiseer in die gebruik van erkende en geregistreerde sielkundige toetse om vaardighede en kennis, persoonlikheid, belangstelling, houdings en skolastiese prestasie objektief te meet. Alle Psigometriste moet die nasionale eksamen van die HPCSA aflê en regisgreer by die HPCSA voordat hulle onafhanklik mag praktiseer.
Wie is ek?
In Graad 12 (Standard 10) moes ek, soos almal, dink aan die lewe na skool. Al wat ek geweet het, was dat ek met mense wil werk. Die twee beroepe wat my die meeste aangetrek het, was Regte en Sielkunde. Nadat ek Sielkunde en Regte versigtig oorweeg het, het ek gedoen wat die meeste doen en die beroep gekies wat die groter salaris verdien – Regte. Ek het vroeg in my eerste jaar besef dat Regte nie vir my bedoel was nie en het na Sielkunde oorgeslaan vanaf my tweede jaar.
Waarom is ek dan nie ‘n Sielkundige nie as ek Sielkunde studeer het? Op my lewensreis, terwyl ek studeer het, het ek by ‘n besige Sielkunde praktyk in Johannesburg gewerk (1998) en daar die eerste keer van Psigometrie en Psigometris gehoor. Op daardie oomblik het alles bymekaar gekom en ek koor gehoor “Aaaaaaaaaa” sing. Daar het ek geweet dat dit was wat ek wou doen. En hier bevind ek my nou (‘n man, drie kinders en ‘n leeftyd in Europa later) in psigometrika – ek leef my droom!
Ek is ‘n Psigometris Onafhanklike Praktyk en geregistreer by die HPCSA. Ek het my BA Sielkunde graad asook my Honeurs in Sielkunde deur UNISA voltooi. Daaarna het ek die BPsych Equivalent kursus by Stellenbosch Universiteit voltooi. Ek het my internskap by Awerbuck/Schickerling PLC en Dr. Emily Pienaar gedoen, beide hier in Stellenbosch geleë. In 2020 het ek die groot stap geneem en my eie praktyk geopen gedurende COVID-19. My praktyk is geleë in Stellenbosch.
Ek het ‘n passie vir tieners en is nuuskierig oor die manier waarop hulle dink en die wêreld om hulle ervaar. Hoe neem hulle belangrike besluite? Wat is hulle drome en hulle vrese? Ek spesialiseer daarom in Vakkeuse (Grade 8 en 9) en Beroepsleiding (Grade 10, 11 en 12) en het onlangs studie metodes vir Hoërskool leerders by die lys gevoeg.
Bykomend tot my passie vir tieners, geniet ek dit baie om met stundente en volwassnens te werk. Hoewel ons gebruik maak van standaard toetse, is hierdie sessies meer holisties en kyk ons na ander fasette ook.
Dit is ‘n groot voorreg wanneer mense my vra om ‘n deel van lewenspad saam met hulle te stap, en ek besef die verantwoordelikheid wat daarmee gepaardgaan. Baie dankie dat jy my oorweeg en op my webblad kuier.

Assesserings
Vakkeuse en beroepsleiding evaluasies sluit gewoonlik die volgende in:
Volle aanlegtoets (DAT-L of DAT-S)
Persoonlikheidsvraelys (JPV)
Belangstellingsvraelys (SABBV of SOV)
Kwalitatiewe inligting (CIP en ‘n persoonlike werkboek)
Verbale terugvoer
Geskrewe verslag
Vakkeuse evaluasies (Grade 8 en 9) neem gewoonlik tussen 3 en 4 ure. Beroepsleiding evaluasies (Grade 10, 11 en 12 asook volwassenes) neem gewoonlik tussen 4 -5 ure. ‘n Terugvoer sessie word geskeduleer vir ongeveer 10 werksdae na die evaluasie. Toetsbatterye word volgens die individu en die rede vir die evaluasie saamgestel. Evaluasies is beskikbaar in beide Engels en Afrikaans.
Hoewel ek opgelei is om jonger leerders ook te evalueer, en dit geniet om met die jonger kinders te werk, verkies ek om met tieners te werk. Indien u dus ‘n psigo-opvoedkundige evaluasie benodig vir u jonger kind, sal ek u graag na ‘n Opvoedkundige Sielkundige verwys wat u hierin sal bystaan.
Beroepsleiding
Differensiële Aanlegtoets Vorm L (DAT-L)
Selfondersoekvraelys (SOV) OF 23 Veld Belangstellingvraelys (23 FIQ)
Jung Persoonlikheidsvraelys (JPV) OF 16 Persoonlikheidsfaktor (16PF)
Informele Werkboek
Vakkeuse
Differensiële Aanlegtoets Vorm S (DAT-S)
Suid-Afrikaanse Belangstellingsvraelys (SABV)
Jung Persoonlikheidsvraelys (JPV)
Informele Werkboek
Addisionele Meetinstrumente Beskikbaar vir Administrasie
Wechsler Adult Intelligence Scale 4th Edition (WAIS IV)
Wechsler Intelligence Scale for Children 4th Edition (WISC IV)
Wechsler Individual Achievement Test 2nd Edition (WIAT II)
Beery Visuele-Motor Integrasie Toets
IPV Speltoets
Een Minuut Leestoets
Een Minuut Speltoets
Informele Assessering van Handskrif
Addisionele Akkreditasie in die volgende meetinstrumente
Giotto Integrity Assessment
Neethling Breininstrument (NBI)
Which Career For Me (WC4M)
Addisionele dienste
Groep Toetse (Gr 9’s, Gr 11’we en Volwassenes)
Konsessie aansoeke in samewerking met ‘n Opvoedkundige Sielkundige
Studie metodes:
- Slegs hoërskoolleerders
- Aangebied op ‘n uurlikse basis, een keer per week
- Ek volg ‘n holistiese benadering en werk met elke leerder volgens sy/haar spesifieke behoeftes en doelwitte
Koste van ’n Assessering
Ek het ’n kontant praktyk en is nie by mediese fondse geregistreer nie. Vir ’n kwotasie, kontak my asb. direk
Kontak Ons
079 6623 363